Local newsLocal sportNewsSport

Bethal-gholfspelers toets toerusting

Taylor Made Roadshow gaan vanaf 24 Junie tot 28 Junie in Mpumalanga plaasvind.

BETHAL – Verteenwoordigers van een van die gewildste handelsmerke in gholf, Taylor Made, het op Woensdag, 24 Junie die gholfklub besoek.

Die Taylor Made Roadshow word vanaf 24 tot 28 Junie in Mpumalanga gehou.

Mnre. Danie Geldenhuys en Jarred Cole-Edwards, tegnici, gaan Secunda, Kriel en Bethal se plaaslike gholfklubs besoek .

Spelers kry hier die geleentheid om van hulle toerusting uit te toets.

“Ons is hier om raad aan spelers te gee en hulle meer van ons produkte te vertel,” het mnr. Geldenhuys gesê

Tydens die “roadshow” kan spelers ook toerusting koop en meer van die handelsmerk leer.

Hulle verkoop alle gholftoerusting, onder andere balle, pette, ysters en drywers en vele meer.

“Ons wil na mense uitreik wat nie van ons weet nie en ons produkte blootstel.”

Volgens hom bied hulle toerusting vir mans en vroue van enige ouderdom aan.

Mnr. Geldenhuys het genoem dat hulle Bethal Gholfklub weer tydens die jaarlikse Tarentaal Toernooi kom besoek.

Volgens hom word hulle produk deur spelers landwyd aangekoop.

“Ons was onlangs by die Johannesburg Ope waartydens Darren Clarke, die professionele speler van Noord-Ierland, op ons sleepwaens geteken het.”

Op hulle sleepwa is daar al baie handtekening van bekende gholfspelers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button