Local sportNewsSASOLSport

Ondersteun Sasol Hydra-Arc Rugbyklub

Sasol Hydra-Arc Rugbyklub het Middelburg met 50-20 geklop met slegs 14 spelers op die veld en sodoende na die Mpumalanga Top 2-posisie deurgedring.

SECUNDA – Sasol Hydra-Arc Rugbyklub het Middelburg met 50-20 geklop met slegs 14 spelers op die veld en sodoende na die Mpumalanga Top 2-posisie deurgedring.

Dit is egter nog net die begin van die stryd wat voorlê.

Die spelers van Sasol Hydra-Arc Rugbyklub neem elke wedstryd ernstig op.

Hulle beskou elke wedstryd as nog ’n kans waartydens die spelers op die veld hul eer kan bewys aan God wat aan hulle die talent gegee het.

Dit is ook wat die bestuur trots hou.

Sasol Hydra-Arc se puntemakers was Deon Pruis (heelagter) het vyf drieë verdoel en vyf strafdoele deur die pale gestuur, Pieter Streicher (vleuel) het twee drieë gedruk,

Johan Streicher (senter), Theuns Krüger (senter) en Werner Joubert (slot) het elk ‘n drie gedruk.

Die volgende wedstryd vir die uitspeel van die Hoëveld Top 2-liga vind tuis op 18 Julie om 2.30nm teen Ferro’s plaas.

Die tweedespan skop om 2.30nm af en die eerstes om 4nm.

Ander wedstryde waarna toeskouers kan uitsien, is die uitspeelwedstryde vir die Mpumalanga Top 2 en die kwalifisering vir deelname aan die Community Cup.

Die halfeindstryde vind op 25 Julie plaas tussen Hoëveld 1 en Laeveld 2, en Laeveld 1 en Hoëveld 2.

Die eindstryd is op 4 Augustus.

Sasol Hydra-Arc vra dat die gemeenskap die spanne ondersteun tydens die laaste wedstryde van die seisoen.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button