Ruiters presteer by Standerton Landbouskou
Volgens mnr. Kotzé was dit deur die week stil wat verstaanbaar is, maar dit het Saterdag baie opgetel.
Die eerste Standerton Landbouskou wat vanaf 16 tot 18 Julie gehou is, is as ‘n groot sukses beskou.
“Dit was ‘n sukses en ons sien klaar uit na volgende jaar,” het mnr. Gert Kotzé, skou-organiseerder, gesê.
Volgens mnr. Kotzé was dit deur die week stil wat verstaanbaar is, maar dit het Saterdag baie opgetel.
“Dit was wonderlik om die belangstelling by die perde te sien met selfs ruiters van twee jaar oud wat deelgeneem het.”
Volgens hom is dit moelik met die Hoëveldskou om al die ruiters te huisves, so dié landbouskou is die perfekte kans vir dié wat nie by die ander skoue inkom nie.
Daar was iets vir almal as perdry nie jou ding is nie.
Kameelritte vir die kleintjies, ‘n mampoerstalletjie vir pa en moenie vergeet van ma by die klere- en skoenestalletjie nie.
Kry jou uitgawe van die Standerton Advertiser om die uitslae van die kampioenskap te sien.










