BETHAL – Me. Joey Kruger (52) wat na bewering aangerand is, se saak duur steeds voort.
Me. Kruger is op 26 Januarie verlede jaar omstreeks 8.30nm in haar huis met ’n bofbalkolf aangerand.
Die aanrander het op Woensdag, 29 Julie weer in Bethal se landdroshof verskyn.
Die hof het gehoor dat daar nog vir die DNA-toetse gewag word.
Bloed was glo op die aanrander gevind.
Volgens die landdros kan die uitslae van die toetse nie so lank neem nie en moet die hof bevestiging kry of die toetse wel ontvang is.
Die saak is weer uitgestel tot 21 September en die aanrander se borg is verleng.
Me. Kruger het die saak weer bygewoon en gesê dat dit met haar goed gaan, maar dat sy met haar lewe wil aangaan.



