
BETHAL – ‘n Huis op ‘n plaas naby die Geluk Gevangenis het vanaand groot skade gely en die bewoners sonder warm goed en kos gelaat toe die huis gebrand het.
‘n Swanger vrou was glo alleen by die huurhuis saam met drie kinders toe ‘n kers blykbaar omgeval het.
Daar was nie krag nie.
Na wat verneem word, het Bethallers gou ingespring en komberse en matrasse beskikbaar gestel en die gesin oornag vanaand by vriende.
Klere word dringend vir die volgende benodig: dogtertjie van 11 maande, seuntjie van 2 jaar en dogtertjie van 5 jaar.
Indien jy kan help, skakel Michelle by 060 491 7038.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



