CrimeLocal newsNews

Hamer-moordenaar weer in hof

Hoe lank sal mnr. Muller moet wag voordat hy gevonnis word?

SECUNDA – Mnr. Adam Muller wat daarvan aangekla word dat hy twee mense vroeër vanjaar met ‘n hamer vermoor het, het weer op 29 Julie in hof verskyn.

Mnr. Muller was kalm en het geensins aggressief voorgekom nie.

Landdros Jeannie Naidoo het verskoning gevra dat mnr. Muller so lank moet wag vir ‘n bed in Weskoppies Psigiatriese Hospitaal.

Me. Naidoo het aan hom verduidelik dat Weskoppies ‘n groot instansie is wat nie net vir pasiënte in Gauteng bedoel is nie, maar vir ‘n groter streek.

Dit is juis daarom dat die waglys so lank is.

Daar is blykbaar ‘n nuwe psigiatriese hospitaal en die staat sal wel meer inligting oor hierdie hospitaal bekom en mnr. Muller daar laat opneem indien moontlik.

Voordat die hofsaak voortduur, moet die staat eers in besit wees van sy psigiatriese verslag.

Dit het geblyk of mnr. Muller alles verstaan wat aan hom verduidelik is en hy het ook bedagsaam daarop gereageer.

Mnr. Muller sal dus tot dan in veilige bewaring gehou word.

Dié saak is uitgestel tot 28 Augustus.

Om vorige artikels te lees, kliek hier.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button