Editor's choiceLocal newsNewsSport

Koue aand, vuurwarm Standertonspan

Standerton wen 31-3 teen Bethal Rugbyklub.

Standerton Dekalb Rugbyklub se eerstespan het op 31 Julie vir Bethal met 31-3 geklop.

Dit was ‘n koue aand, maar die Standerton-span het vir vuurwarm rugby gesorg.

Standerton was vinnig uit die blokke en was 6-0 voor danksy die skopskoen van losskakel Tyrone Pienaar, wat ook met drie strafskoppe en ‘n doelskop geslaag het.

Bethal het daarna ook ‘n strafskop aangeteken voordat Fritz Wepener, agtsteman van Standerton, die bal van die skrum af opgetel en oor die doellyn geduik het.

Na dié drie was Standerton weer op die aanval en Rihan Adendorff, slot van Standerton, het soos ‘n resiesperd gelyk toe hy op die halflyn, regdeur tot agter die doellyn, gehardloop het.

In die tweede helfte het Michael van Vuren, kaptein, en Leon Crawford, flank, albei vyf punte vir hulle span aangeteken.

“Die span moes met ‘n bonuspunt wen om ‘n tuis-halfeindstryd te verseker,” het mnr. Jakes Coetzee, voorsitter, gesê.

Volgens Jannie Burger, kaptein van Bethal, is dit altyd lekker om teen Standerton te speel.

“Daar is altyd ‘n lekker gees onder die manne,” het hy gesê.

Standerton gaan nou teen Ermelo in die halfeindstryd van die Mpumalanga Seniorliga te staan kom.

Bevestiging van die tye kon nie voor druktyd bekendgemaak word nie.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button