CrimeLocal newsNews

Joey het al sewe oogoperasies ondergaan

Saak is weer uitgestel tot 21 September en die beweerde aanrander se borg is verleng.

BETHAL – Die aanrandingsaak teen ’n man wat me. Joey Kruger (52) na bewering aangerand het, sloer reeds meer as ’n jaar.

Me. Kruger is op 26 Januarie verlede jaar omstreeks 8.30nm met ’n bofbalkolf in haar huis aangerand.

Die beweerde aanrander het weer op 29 Julie in die Bethal Landdroshof verskyn.

Die hof het bevestig dat hulle nog vir die uitslae van DNA-toetse wag.

Bloed was glo op die aanrander gevind en dit word met me. Kruger se DNA vergelyk.

Volgens die landdros kan die uitslae van die toetse nie so lank neem nie en moet die hof bevestiging kry of die toetse wel ontvang is.

As dit ontvang is, moet die hof in kennis gestel word oor hoe lank dit nog gaan neem.

Die saak is tot 21 September uitgestel en die beweerde aanrander se borgtog is verleng.

Me. Kruger het die saak weer bygewoon en gesê dat dit goed gaan met haar.

Sy het verlede jaar na Pretoria verhuis en werk tans by ’n haarsalon.

“Ek het sedert die aanval al sewe oogoperasies aan my regteroog ondergaan en sukkel steeds om afstand te skat of om op ’n voorwerp te fokus.

“Die oogbesering bëinvloed alles,” het me. Kruger gesê.

Volgens haar wil sy nou net die saak afgehandel hê sodat sy met haar lewe kan aangaan.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button