Local newsLocal sportNewsSport

Ruiters spog met goeie uitslae

Ruiters neem aan skou deel.

BETHAL – Ruiters van die Willow Creek Equistrian Estate het onlangs aan die provinsiale perdeskou deelgeneem en goed presteer.

Carinlizé Muller het ’n eerste plek, twee tweede plekke en twee vierde plekke behaal, terwyl Sudré Meyer drie eerste plekke en twee tweede plekke verower het.

Anjike van Tonder het drie derde plekke, ’n vierde plek en ’n vyfde plek verwerf.

Carla Kleinjans van Nicolene Sholtz se klub het twee tweede plekke, drie vierde plekke en twee vyfde plekke behaal.

Die skou het vanaf 31 Julie tot 2 Augustus op Badplaas plaasgevind.

Die volgende skou is die Suid-Afrikaanse Kampioenskap en dit sal in Oktober plaasvind.

Ruiters behoort teen volgende week te weet of hulle vir die Mpumalanga Ruiterspan gekies is.

Die ruiters is almal van Laerskool H.M. Swart.

“Ons wil net vir ons afrigter, me. Sonja Coetzee, dankie sê vir al haar insette en ondersteuning.”

 

 

Anjike van Tonder het drie derde plekke, ’n vierde plek en ’n vyfde plek verwerf.
Anjike van Tonder het drie derde plekke, ’n vierde plek en ’n vyfde plek verwerf.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button