Wiel draai vir Edwin Petzer
Die uitslae van die beenmonster is bekendgemaak.
Mnr. Edwin Petzer, wat in ‘n motorfietsongeluk op 30 Mei betrokke was, is steeds in die Standerton Hospitaal.
Sy regtervoet en -enkel is vergruis in die voorval en die regterbeen is na ‘n operasie geamputeer.
Mnr. Petzer se regterbeen is vir infeksie behandel in die jongste operasie en ‘n monster van die been is geneem.

Na positiewe uitslae sterk hy aan, maar steke sal in die oop wond ingesit moet word.
Die Standerton Advertiser het op 18 Augustus gepoog om ‘n rolstoel, wat ‘n weldoener, mnr. Graham McCarthy, geskenk het, aan hom te oorhandig.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



