Local newsNewsOpinion

Hoekom… mens?

Toe ek egter klaar my "skoot" gekry het, het ek rondom my gekyk na die eens pragtige omgewing van die dam. Wat 'n harstseer gesig was dit nie!

Die afgelope Saterdagmiddag, nadat ek die plaaslike gholfbaan besoek het om die nodige uitslae van die dag se spel te bekom, het ek op die ingewing van die oomblik besluit om by die Douglasdam ‘n draai te maak .

Eintlik was dit die bloedrooi sonsondergang wat my soontoe getrek het en siende dat ek my kamera by my gehad het, was dit tog die ideale geleentheid om ‘n “chocolate box”-foto of twee te neem.

En moeder natuur het nie teleurgestel nie. Wat ‘n pratige gesig was dit toe nie!

Maar soos enige fotograaf sal weet, die sleutel om enige natuurtoneel suksesvol te fotografeer, is: “Gryp jou kamera en begin skiet – nou!”

Daar kan in meeste gevalle nie gewag word om eers ditjies en datjies te bekyk of langdradige verstellings te wil maak nie. Die effek van die toneel, veral sonsopkoms of sonsondergang, verander baie vinnig met die veranderende lig.

Toe ek egter klaar my “skoot” gekry het, het ek rondom my gekyk na die eens pragtige omgewing van die dam. Wat ‘n harstseer gesig was dit nie!

Die pretpark wat vroeër jare groot genot vir klein kinders verskaf het, is lank reeds weg. Die klubhuis wat ure se genot vir vissermanne en besoekers rondom braaivure verskaf het, is feitlik baksteen vir baksteen weggedra.

Die wildspark wat slegs deur enkeles onthou sal word, is reeds jare gelede tot niet gemaak, hoofsaaklik vir die behoud van die diere self wat vry daar rondgeloop het.

Die woonwapark is oorgroei met gras en die kragpunte is ook lank reeds kaalgestroop. Hoewel daar nog mense in die rondawels bly, is die plek slegs ‘n skadu van sy eens gloriedae toe dit as ‘n hoogs aanbevole woonwapark deur reisagente aan reisigers voorgestel is.

En net daar duik my gemoed, wat oomblikke tevore op ‘n hoogtepunt was, sommer in die vuil dam.

Ek ry al kopskuddend huis toe met een vraag in my gemoed. Hoekom… mens?

Later die aand bekyk ek die mooi foto’s van die sonsondergang op my kamera.

Ek word ootuig dat ek hulle op die sosialemediaplatform moet deel, want dit wat deur die Hemelse Vader geskep is, sal altyd mooi wees en daarvoor moet ons altyd dankbaar wees.

Dit is die mens wat homself en sy wêreld lelik gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button