CrimeLocal newsNews

Man by woning aangerand

Man vat inbrekers buite sy huis vas.

SECUNDA – ’n Man is omstreeks 3.15nm op 16 Augustus in sy erf aangerand.

Mnr. Bezuidenhout het onrustig gevoel, hoewel hy ’n alarmstelsel het.

Hy het geluide buite gehoor en deur die venster in die rigting van sy lapa geloer.

Hy het twee mans gewaar wat by die lapa se venster doenig was.

Mnr. Bezuidenhout het na buite geloop, maar die skelms het hom gewaar en probeer weghardloop.

Hy het daarin geslaag om een van die vermeende diewe te vang en met hom teen die muur vasgehardloop.

Daar het ’n stoeiery ontstaan waartydens die ander man hom met ’n vuis bygedam het.

Hy het mnr. Bezuidenhout ook met ’n voorwerp begin slaan.

Mnr. Bezuidenhout het gekeer en sy greep op die ander man verloor, wat homself losgewoel en weggehardloop het.

Albei die skelms het oor die ses voet muur gevlug.

Daar word vermoed dat drie mans betrokke was.

Mnr. Bezuidenhout het die polisie in kennis gestel. Hy het hierna opgemerk dat sy slaapbroek en maag vol bloed was.

Hy is nie seker waarmee die skelm hom bygedam het nie.

Mnr. Bezuidenhout is dankbaar dat die mans nie vuurwapens gehad het nie.

“Ek is nie spyt dat ek buite toe gegaan het nie, maar dit is beter om dit nie te doen nie.”

Die skelms het die volgende dag teruggekeer en weer probeer om in die lapa in te breek.

Mnr. Bezuidenhout het gesê dat hy op daardie oomblik so kwaad was, dat hy nie gedink het wat hy doen nie.

Die bure het aanbeveel dat hy by die buurtwag aansluit en dat hulle telefoonnommers moet uitruil.

Hy het sy bure bedank vir hul ondersteuning en die polisie wat vinnig op die toneel was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button