
OPVOLG:
BETHAL – Twee vragmotors en ’n bakkie was vanoggend voor 6vm in ’n botsing op die R545-pad betrokke.
Die twee vragmotors was van Kriel na Bethal op pad toe een die ander een van agter getref het.
’n Bakkie het toe in die tweede vragmotor vasgery.
Nuutste inligting dui daarop dat twee van die motoriste beserings opgedoen het.
Die ongeluk het naby Dust-a-Side gebeur en mnr. Olivier het gesê dat die pad vir ’n lang ruk gesluit gaan wees.
Die bakkie is al weggeneem en die twee vragmotors is nog op die ongelukstoneel.
Een is ’n wrak.
Die R545-pad vanaf Bethal na Kriel is gesluit weens ‘n ongeluk waarby twee vragmotors betrokke was.
Dit is nog nie duidelik wat gebeur het nie.
Die pad sal gesluit wees tot verdere kennisgewing.





