Local sportNewsSASOLSport

Stoeiers haal Mpumalanga-span

Lees meer oor wie almal die Pumatjie-stoeispan gehaal het.

SECUNDA – Lede van Sasol Stoeiklub het aan die Mpumalanga Pumatjie Stoeitoernooi, asook die Mpumalanga Ouderdomskampioenskap deelgeneem.

Die kampioenskap het ook gedien as proewe om ‘n Mpumalanga-stoeispan te kies wat op 5 September aan die streekstoeikampioenskap in Primrose deelgeneem het.

Stoeiers wat aan die Mpumalanga Pumatjie Stoeitoernooi deelgeneem het, is Fourie Fouche; Robert Jonck, Hans Schutte, Stefan Slabbert, Ludolph Steenkamp en Henco Coetzee.

Mnr. Koevoet Coetze was die Pumatjies se verteenwoordiger.

Stoeiers wat aan die Mpumalanga Ouderdomstoeikampioenskap deelgeneem en plekke behaal het, is soos volg: eerste plekke en goue medaljes: Jordan Webb (0/9), Drikus Swanepoel (Presidente Vrystyl en Grieks-Romeins), Stoffel Schutte (Presidente Vrystyl en Grieks-Romeins, Kadet Grieks-Romeins).

Tweede plekke en silwer medaljes: Jaden Grobler (0/10), Stoffel Schutte (0/13 Vrystyl en Grieks-Romeins), Nathan Webb (Kadet Vrystyl) en Drikus Swanepoel (0/13 Grieks-Romeins).

Derde plek en bronsmedalje: Drikus Swanepoel (0/13 Vrystyl).

Mnr. Manie van den Berg was die spanbestuurder.

Die administratiewe beamptes was me. Elma Webb en me. Lollie van den Berg.

Hans Schutte het aan die langtermyn deelname ontwikkelingafdeling deelgeneem en ‘n deelnemersmedalje ontvang.

Lede wat vir die Mpumalanga Streekspan gekies is, is Hans Schutte, Jordan Webb en Jaden Grobler.

Mnr. Nico van den Berg sal as skeidsregter optree en mnr. Johan van den Berg sal die afrigting behartig.

Me. Elma Webb is die spanbestuurder en mnr. Manie van den Berg en me. Lollie van den Berg sal die administratiewe beamptes wees.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Voor is Jaden Grobler en Jordan Webb. Agter is Nathan Webb, me. Elma Webb (spanbestuurder) en Stoffel Schutte.
Voor is Jaden Grobler en Jordan Webb. Agter is Nathan Webb, me. Elma Webb (spanbestuurder) en Stoffel Schutte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button