CrimeLocal newsNews

Vermeende hoenderdiewe speel ‘chicken’ met verkeerde manne

Mnre. Jandré Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste en JT Eksteen, plaaslike boer, het twee hoenderdiewe op 8 September vasgetrek.

Mnre. Jandré Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste en JT Eksteen, plaaslike boer, het twee hoenderdiewe op 8 September vasgetrek.

‘n Informant het aan hul meegedeel dat van mnr. Eksteen se werknemers hoenders steel.

Mnre. Kasselman en Eksteen het ‘n strik gestel en met termiese toerusting die booswigte in die veld ingewag.

“Die kwaaddoeners was duidelik nie bewus van ons teenwoordigheid nie omdat hulle byna op ons getrap het,” het mnr. Kasselman gesê.

Die twee mans is sowat 3km van mnr. Eksteen se huis vasgetrek en was in besit van 31 hoenders.

“Ons wil graag mnr. Siphiwe Ntshangase van die veediefstaleenheid vir sy samewerking bedank.”

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button