Dief uit die voete gemaak met gesteelde goedere
Die eienaar se televisiestel en tablet is gesteel.
Kasselman Veiligheidsdienste het weer eens hulle naam gestand gedoen en na ’n huisbraak op 10 September in Paarlstraat gehaas.
Die huiswerker het die eienaar laat weet nadat sy die veiligheidsdeur oop sien staan het.
Volgens mnr. Piet van Gund van Kasselman het hulle om 11.30vm opgedaag en die Standerton Polisie het ook opgedaag.
Die eienaar se televisiestel en tablet is gesteel.
Volgens hom is hy nie seker of dit al is wat gesteel is nie.
Twee mans in vermoedelik ’n silwer Polo, met ’n GP-registrasienommer, het hulle uit die voete gemaak.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



