Skool hou hengeldag
Laerskool Trichardt se koshuis samel geld vir ‘n kragopwekker in.
TRICHARDT – Laerskool Trichardt het op Saterdag, 12 September ‘n oewerhengel-kompetisie gehou by Trichardtsfonteindam.
Die doel van die dag, was om geld in te samel om ‘n kragopwekker vir die skool se koshuis te koop.
Ten spyte van die koue, het baie mense die dag bygewoon.
Daar was kos, hengelgereedskap, hengeltoebehore en ook koeldrankstalletjies beskikbaar.
Mnr. Henk Louw, koshuisvader van Laerskool Trichardt, het die gemeenskap aangemoedig om die volgende hengeldag saam met hulle te kom geniet.
Indien daar iemand is wat nie die hengeldag kon bywoon nie en steeds ‘n donasie vir die kragopwekkerprojek wil gee, kan hulle die kantoor by 017 638 0244 skakel.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



