Wagte met skoenveters vasgemaak
Die polisie ondersoek die voorvalle en moedig die gemeenskap aan om bedag te wees.
BETHAL – Wagte van Corfuset Sekuriteit is in drie voorvalle saans by die Spar aangerand.
“’n Wag is tydens die eerste geval verkrag en geslaan,” het mnr. Marius Steyn gesê.
Die ander twee wagte is glo net met hul skoenveters vasgemaak.
Na wat verneem word, word slegs hul uniforms en selfone gesteel.
Volgens die bestuurder is dit nie duidelik waarom die uniforms gesteel word nie.
’n Swart VW Golf en vier gewapende mans is glo betrokke.
“Dit is belangrik dat almal bewus is wat aangaan sodat mense op die uitkyk kan wees.”
Die polisie ondersoek die voorvalle en moedig die gemeenskap aan om bedag te wees.
Meld enige misdaad by die polisie aan.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



