Editor's choiceLocal newsNews

Yolandi benodig oogoperasie

Daar is 'n moontlikheid dat Yolandi haar oog kan verloor.

SECUNDA – Me. Yolandi Voster (26) het ‘n lewensbedreigende oogsiekte wat reeds die visie van haar regteroog geëis het en wat so spoedig as moontlik verwyder moet word.

Sy het een oggend opgestaan en besef dat sy niks met haar regteroog kan sien nie.

’n Plaaslike oogkundige het haar na ’n oogarts in Pretoria verwys.

Haar oog het begin swel namate die gewas agter haar oog groter geword het en dit het haar gesig ook laat swel.

Me. Voster se oogprobleem het op 8-jarige ouderdom begin.

Sy het in die verlede al ’n karkaatjie op haar oog gekry wat slegs chirurgies verwyder kon word.

’n Lens is agter haar oog ingesit en sy het ’n bril gedra.

Die oogarts het vir haar in haar matriekjaar gesê dat sy nie meer ‘n bril nodig gehad het nie.

Sy moes egter weer een begin dra nadat die gewas ontdek is.

Dr. Gous van Pretoria wat die operasie sal doen, het reeds die koste tot die minimum beperk.

Dokters weet nie watter soort gewas dit is nie en sal dit eers moet wegstuur vir toetse ná hulle dit verwyder het.

‘n Bedrag van bykans R50 000 word nog benodig en Yolandi het nie ‘n mediese fonds nie.

Voorgeskrewe medisyne het nie gehelp nie, hoewel sy later gespesifiseerde medikasie begin gebruik het wat help om die hoofpyne te onderdruk.

Die suksessyfer van die operasie wat sy binnekort sal moet ondergaan, is 50/50.

Me. Voster is steeds positief oor die operasie en voel dat daar mense is wat erger dinge oorkom.

Enige een wat ’n bydrae wil lewer of op enige ander manier dié saak kan ondersteun, kan De Necker Oogkundiges skakel by 017 631 1982.

Die Secunda Tafelronde 231 en De Necker Oogkundiges bied op Saterdag, 3 Oktober ’n gholfdag by Walkerpark Gholfklub aan om geld vir Yolandie se operasie in te samel.

Daar is groot pryse te wen en daar sal ook ‘n gelukkige trekking wees.

Dit kos tussen R2 000 en R3 500 om ’n putjie te borg.

Vir meer inligting oor die gholfdag of om ’n putjie te borg, skakel Walkerpark by 074 259 1788, Jeandré by 072 978 8525 of Ruan by 072 909 0988.

Mw. Yolandi Voster kan die afgelope twee jaar niks met haar regteroog sien nie.
Mw. Yolandi Voster kan die afgelope twee jaar niks met haar regteroog sien nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button