Polisie waarsku teen misdadigers
Die Standerton Polisie waarsku inwoners van Standerton teen huisbrake en grypdiewe.
Die Standerton Polisie waarsku inwoners van Standerton teen huisbrake en grypdiewe met statistiek wat aantoon aan dat die getalle toeneem.
Die polisie benadruk dat geen waardevolle besittings in jou kar gelos word nie en sou ’n beursie of selfoon in die voertuig agterbly, maak seker dit is op ’n plek waar niemand dit kan sien nie.
Vroue word versoek om nie met ’n handsak op die dorp te loop nie.
Maak seker jou huis se deure en vensters is toe en gesluit wanneer jy die huis verlaat.
Sekere mense pleeg bedrog deur voor te gee om aanrandingslagoffers te wees om sodoende geld uit versekeringsmaatskappye te kry.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



