Kolwyntjies vir kinders met kanker
R8 000 is ingesamel en sal aan die Cupcakes of Hope-organisasie oorhandig word.

Inkopiegangers by die Game-sentrum is Saterdagoggend begroet met tafels gedek met honderde pragtig-versierde kolwyntjies.
Vrywilligers het kolwyntjies gebak vir Nasionale Kolwyntjiedag ten bate van kinders met kanker.
Skape, Spiderman, Mignons, feëtjies, koeie en Hallo Kitty was maar ’n paar van die lekkernye om van te kies.
Die gemeenskap het mildelik gegee en teen middagete was al die kolwyntjies uitverkoop.
R8 000 is ingesamel en sal aan die Cupcakes of Hope-organisasie oorhandig word. Vir meer inligting rakende die organisasie, besoek hul webblad by www.cupcakesofhope.org.
Christel Terblanche wat Ermelo se verkope georganiseer het, bedank elke vrywilliger wat gehelp bak en versier het, skenkers van bestanddele en elkeen wat ’n kolwyntjie gekoop het.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590























