Kasselman en Parkeraad staan saam
Wat om te doen as daar ’n booswig met honde op jou eiendom jag
Kasselman Veiligheidsdienste het op Donderdag 1 Oktober ’n praatjie oor die onwettige jag van honde op plase gehou.
Die geleentheid is by Morgenzon Buiteklub aangebied en volgens mnr. Fanie Rothman van Kasselman was dit ’n sukses.
Die Mpumalanga Parkeraad het die boere van die omgewing raad gegee oor wat om te doen as ’n booswig met honde op hul eiendom jag.
Boere het ook die geleentheid gehad om te registreer by die raad sodat wanneer iets op hul plase gebeur, hulle vinnig hulp kan kry.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



