GPF waarsku Bethallers
GPF-lede ry daagliks patrollie om op die uitkyk te wees vir misdadigers.
BETHAL – Plaaslike GPF-lede is daagliks op hoogte van misdaadtendense en weet presies waar misdadigers in aksie is of waar hulle wegkruip.
Volgens die kommunikasiebeampte, is dit belangrik dat inwoners weet waar die probleemgebiede is.
Die gevaarplekke is soos volg:
*Die Tavern-sirkel.
*Oop veld in Du Plooystraat naby Spar.
*Die veld naby die pompstasie in Louis Trichardtstraat.
*Die taxi-rank.
*Die ou silo’s oorkant die PB Depot in Stasieweg.
*Die treinspoor onder die Hendrina-brug.
*Die veld in Kerkstraat agter die hof.
Die GPF kom maandeliks bymekaar om oor misdaad te praat en hoe om dit te bekamp.
Lede ry ook daagliks patrollie om die polisie te help.
“Dit is belangrik dat mense by die GPF aansluit sodat daar meer mense is wat help om misdaad te voorkom,” het mnr. Jaco Mans, voorsitter, gesê.
Die volgende lede kan in noodgevalle gekontak word:
*Bethal Polisiestasie by 017 647 9929.
*Konst. Thomas Mogadime by 062 100 6564.
*Mnr. Jaco Mans, voorsitter, by 078 035 2200.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



