Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Inwoners bekommerd

Inwoners is bekommerd oor die dam wat leeg gepomp word.

EENDRAG – Inwoners sê ’n plaaslike onderneming pomp daagliks duisende liters water uit die dam wat hengel beïnvloed.

Baie mense is weens werkloosheid van dié dam se varswatervis afhanklik.

Daar is ook varswatermossels in die dam en beeste wat in die omgewing wei, drink water daar.

Omdat die dam baie leër is, sit beeste gereeld in die modder vas.

Inwoners het die Govan Mbeki Munisipaliteit genader om uit te vind of die onderneming wel toestemming het om water daar te pomp.

Volgens die munisipaliteit moet ’n permit uitgereik word voordat water gepomp mag word.

Die saak is onder die aandag van die omgewingsassesseringspraktisyn gebring wat die omgewingsinvloedbepaling hanteer.

Die grond waarop die dam is, behoort aan die Govan Mbeki Munisipaliteit en kwessies word gereguleer volgens Waterwese se wet en regulasies.

Enigiemand wat water uit ’n dam wil pomp wat onder die jurisduksie van die Govan Mbeki Munisipaliteit val, moet in verbinding met die munisipaliteit tree.

Die munisipaliteit het nie kommentaar gelewer of die onderneming wel oor ’n permit beskik nie.

Beeste wat gaan water drink, sit in die modder vas en inwoners moes help om die bees te bevry.
Beeste wat gaan water drink, sit in die modder vas en inwoners moes help om die bees te bevry.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button