Hendrico glimlag van oor tot oor
Seun het ’n jaar gelede vir die eerste keer klank gehoor ná ’n koglea-inplanting in sy regteroor.
SECUNDA – Lede van CareCard Care4all het ’n berig oor Hendrico Ackerman gelees en besluit om hom te help.
Hendrico Ackerman (7) het dringend koglea-inplantings benodig sodat hy in ’n gewone hoofstroomskool kon aanbly.
CareCard het ’n maandelikse bydrae aan die gehoorinstituut gemaak om te help om die nodige geld vir Hendrico in te samel.
Hendrico moes koglea-inplantings in albei ore kry.
Hendrico het ’n jaar gelede vir die eerste keer klank gehoor ná ’n koglea-inplanting in sy regteroor.
Dié eerste apparaat is op 2 September verlede jaar by die Eduplex-sentrum vir gehoorgestremdes vir die eerste keer aangeskakel.
Die tweede gehoorapparaat is op 11 September verlede jaar in sy linkeroor geplant.
Die dringendheid vir die operasie was groot omdat dit belangrik vir gehoorgestremde kinders is om voor die ouderdom van sewe ’n koglea-inplanting te ondergaan sodat hul klank, spraak en taal kan ontwikkel.
CareCard is ’n administratiewe liefdadigheidsorganisasie wat geld aan individue en instansies versprei.
Hulle bied ’n besigheidsgeleentheid aan mense om vir hulself ’n inkomste te genereer en terselfdertyd vir ’n liefdadigheidsorganisasie van hul keuse geld in te samel.
Vir meer inligting, skakel me. Liesl Posthumus by 083 555 0378.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



