Mnr. Etienne Smit glo dat onderwys ’n roeping is en hy het dié roeping in 2008 begin.
Sy rugbyloopbaan het na ’n nekbesering geëindig en hy het besluit om ’n ander stokperdjie te beoefen.
“Ek is nie die soort mens wat kan stil sit en wag vir dinge om te gebeur nie, ek laat dit gebeur.
“Ek het juis daarom besluit om kitaarlesse te neem omdat ek nog altyd lief vir musiek was en my eie musiek wou maak.”
Mnr. Smit het op die ouderdom van 17 kitaarlesse begin neem.
Op skool het hy die hoofrol in die skool se revue vertolk en ’n liefde vir die verhoog het ontstaan.
Hy het aan die Universiteit van Potchefstroom studeer en in studente, kerk- en verskeie ander orkeste gespeel.
Mnr. Smit het sy vrou op universiteit ontmoet en het twee seuns.
Nadat hy studeer het, het hy vir ’n jaar in Engeland saam met ’n klassieke rockgroep getoer.
Mnr. Smit het na sy terugkeer sy loopbaan as onderwyser begin, maar het ook opgetree en self gesing en sy eie beligting en klank behartig.
Een van mnr. Smit se familielede het ’n lewensbedreigende siekte gekry en hy het besluit om in te spring en te help.
“Die hospitaalkoste was baie hoog, sowel as die doktersrekeninge en toetse wat gedoen moes word.”
Mnr. Smit het naweke mense tot laat vermaak en as ’n platejoggie opgetree.
“Ek sal alles in my vermoë doen om my naaste by te staan en al moet ek ekstra hard werk en meer doen om hulle te ondersteun, is elke minuut die moeite werd.”
Hy tree weekliks in en rondom Secunda op.
Troues, partytjies en selfs geldinsamelingsgeleenthede is sy spesialiteit.
Mnr. Smit het al die verhoog met gewilde sangers, soos Jakkie Louw, Pietman die Skot, Blackie Swart en Wistful Whisper, gedeel.
Hy het ook al saam met DJ Andrew van Spectacular Events gewerk.
Jy kan hom op Facebook as Mista Smit Entertainmint opspoor.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




