Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

AfriForum is nog nie klaar nie

AfriForum het nog 170 sakke teer oor en sal nog gate vul

AfriForum se Standertontak doen reeds van September noodsaaklike instandhouding op die dorp.

Mnr. Hillel Coetzer, voorsitter, het gesê dat die projekte ’n sukses was, maar nie hier eindig nie.

In September het hulle meer as 140 slaggate gevul met 130 sakke teer, wat 3,25 ton geweeg het.

Altesaam 216 ure is slegs aan slaggate bestee en sowat 8km pad reggemaak.

AfriForum het nog 170 sakke teer oor en sal nog gate vul.

Hulle het 49 bome by 11 skole, twee kleuterskole en die Standertonse Ouetehuis geplant.

Meer as 20 AfriForum-lede het aan die nasionale patrollie deelgeneem en sowat 189 ure is in een aand bestee, terwyl hulle 511km gery het.

Die rioolpyplyn was ook ’n suksesvolle projek wat AfriForum, Aqua Plumbing en Sahara Sand twee dae lank besig gehou het.

’n 18-meter pyp is vervang en 64 ure is aan die projek bestee.

Die totale koste van die boomplantdag het R8 700, die slaggate R21 652 en die rioolpyplyn R20 898 beloop, wat op R51 250 te staan gekom het.

Mnr. Coetzer het almal wat gehelp om die projekte moontlik te maak, bedank en ook aan Enyawell wat gehelp het met die slaggate.

Hy het die hoop uitgespreek dat inwoners hul ondersteuning sal gee om die dorp reg te kry.

AfriForum gaan nie die koste van die boomplantprojek by die Lekwa Munisipaliteit eis nie, maar wel die koste van die slaggate- en rioolpyplynprojek.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button