Local Motoring NewsLocal newsNews

XUV 500 is dié voertuig om te hê

Die nuwe Mahindra XUV 500 is onlangs op Bethal bekendgestel.

BETHAL – PWS Motors het onlangs die nuutste Mahindra XUV 500 bekendgestel.

Die voertuig spog met ’n deftiger voorkoms nadat die sierrooster, hoofligte, enjinkap en misligte heeltemal herontwerp is.

Die jagluiperd geïnspireerde voertuig het sy voorganger se doeltreffende turbodiesel-dryfstelsel behou deur van ’n turboaanjaer met veranderlike geometrie gebruik te maak om ’n maksimum-kraglewering van 103 kW by 3 750 r/min te behaal.

Dit alles sorg vir uitsonderlike trekkrag.

Die kajuit van die XUV 500 het verskeie verbeterings ondergaan soos die volkleur-tasskerm van sewe duim wat in die middel van die instrumentepaneel gehuisves word.

Die skerm is helder en duidelik leesbaar en is verbruikersvriendelik.

Die vyf sitplek voertuig is ook in leer bekleë en kan die kattebak in twee ekstra sitplekke verander word.

Buite spieëls en kantruite kan elektries beheer word en daar is laaipunte vir al drie sitplekke.

Brandstofdoeltreffendheid is een van die aspekte wat dit die moeite werd maak om só ’n voertuig aan te skaf.

Die brandstofverbruik is 6,5 liter/100 km en met ’n brandstoftenk van 70 liter kan die voertuig meer as ‘n duisend kilometer ry.

Uitstaande brandstofverbruik is behaal deur die aanvaarding van mikro hibriedtegnologie en optimale ratverhoudings op die sesspoed-handratkas.

Alle modelle se pryse sluit ’n waarborg van vyf jaar/150 000 km, asook ’n diensplan van vyf jaar/100 000 km in.

Skakel PWS Motors nou by 017 647 2623.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

 

Mnre. Bruce Zwarts, Hashim Cassim, Charles Bodenstein en Petrus Ras van PWS Motors by die nuwe Mahindra XUV 500 tydens die bekendstelling.
Mnre. Bruce Zwarts, Hashim Cassim, Charles Bodenstein en Petrus Ras van PWS Motors by die nuwe Mahindra XUV 500 tydens die bekendstelling.
Die nuwe Mahindra XUV 500 spog met ’n rits aanpassings.
Die nuwe Mahindra XUV 500 spog met ’n rits aanpassings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button