Diefstal uit voertuie neem toe
Meld enige misdaad by die plaaslike polisie aan by 017 647 9900.

BETHAL – Die plaaslike polisie het motoriste gemaan om nie waardevolle items in hul voertuie te los nie.
Hulle ondervind tans ‘n toename in diefstal uit voertuie.
Na wat verneem word, is ’n groot bedrag geld onlangs uit ‘n voertuig gesteel, terwyl mene ook hul skootrekenaars, selfone en kameras in hul voertuie los.
Motoriste loop veral deur by Kosmos Sentrum.
Die polisie het inwoners ook versoek om hulle in kennis te stel indien honde vergiftig word.
Sewe honde is onlangs in een straat op Bethal vergiftig.
Adj.-off. Riaan Smit het ook gesê dat die gemeenskap by die GPF of by die SPF betrokke moet raak om sodoende ’n veilige misdaadvrye omgewing te hê.
“Hoe meer mense betrokke is, hoe minder inbrake kan daar plaasvind,” het hy gesê.
Meld enige misdaad by die plaaslike polisie aan by 017 647 9900.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



