’n Veilige hawe vir diegene in nood
Die gesinskrisissentrum op Standerton bied ’n veilige hawe vir diegene wat nie weet waar die volgende bord kos vandaan gaan kom nie.
Die gesinskrisissentrum op Standerton bied ’n veilige hawe vir diegene wat nie weet waar die volgende bord kos vandaan gaan kom nie.
Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) het in 2003 dié nie-winsgewende organisasie geregistreer wat tydelike behuising aan mense en gesinne bied.
Die doel van die sentrum is om weerlose mense in staat te stel om na drie tot ses maande weer onafhanklik in die samelewing te funksioneer.
Die redes vir ’n aanklop by die sentrum wissel van werksaflegging, drank- en/of dwelmmisbruik, psigiatriese probleme en verbrokkelende gesinne wat die sentrum moet aanspreek.
Volgens een van hulle maatskaplike werkers, me. Hanlie Brits, poog hulle om gesinne bymekaar te hou.
Hulle kan 38 mense huisves in ’n vrouesaal waar 10 kan slaap, ’n manssaal waar 10 kan slaap en vyf familiekamers.
Lees meer oor die krisissentrum in volgende week se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



