Hillel droom van ’n aangename stukkie aarde
Hy wil oor 10 jaar ’n gevestigde sakeman wees wat op pad is op vakansie met ’n geruste hart wetende dat die dorp ’n skoon, veilig en aangename stukkie aarde is en dat oud en jonk met oorgawe in ’n helder, vloeiende rivier kan swem en speel.
Die takvoorsitter van AfriForum op die dorp het groot planne, al is daar groot uitdagings op die spel.
Mnr. Hillel Coetzer, of Vaatjie soos sy vriende hom noem, is op 13 April 1988 op Kinross gebore.
Sy ouers het na ’n paar jaar Standerton toe verhuis waar hy meeste van sy kinder- en tienerjare deurgebring het.
Hy het ook vir drie jaar op ander dorpe gewoon en is ’n jaar oorsee.
Sy stokperdjies was altyd om speletjies te speel en saam met vriende te kuier, maar nou dat hy in die grootmenswêreld is, bestee hy al sy vrye tyd aan AfriForum-verwante sake.
Mnr. Coetzer wil graag in die toekoms meer projekte loods waar die gemeenskap kan saamstaan en saamwerk.
Sy droom is om Standerton tot sy volle glorie te herstel en hy wil hê die dorp moet ’n uitblinkerdorp wees waarop elke inwoner kan trots wees.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



