BETHAL – Vyf gewapende mans het Dinsdag, 20 Oktober omstreeks 9vm personeel van Exact naby die Tavern-sirkel in Kerkstraat oorval.
Hulle het die personeel vasgebind en agter in die winkel by die badkamers toegesluit.
Volgens adj. off. Riaan Smit het die mans selfone en klere gesteel.
Niemand is beseer nie.
Na wat verneem word, het een van die kliënte die personeel hoor skree en hulle dadelik gaan help.
Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die roof word deur die polisie ondersoek.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



