Vroue se hare waai
Vroue daag mense uit om ook hulle hare vir kanker af te skeer.
BETHAL – Oktober is altyd in pienk geklee omdat dit die maand van kanker is en plaaslike vroue het onlangs hul hare afgeskeer en gekleur om dit aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) te skenk.
Al vyf vroue van HairFanatics het Maandag, 19 Oktober iets vir kankerbewusmaking gedoen.
Me. Mylene Janse van Rensburg, organiseerder van Bethal se Shavathon, het saam met me. Natasha Niemand en me. Haneke Coetzer hul hare afgeskeer, terwyl me. Maderie van der Berg pienk haarverlengings ingesit het.
Me. Nadine Naude het 22cm van haar hare afgesny en vir ’n pruik geskenk.
Nadat hul hare gesny en afgeskeer is, het hulle ’n fotosessie gedoen.
Me. Lucille de Wet was agter die kamera.
Die Bethal Shavathon word vanjaar vir die derde keer aangebied en na verlede jaar se sukses, belowe die organiseerders dat dit vanjaar groter gaan wees.
Volgens me. Annelize Dell, organiseerder, lê kanker haar na aan die hart omdat haar ma met borskanker gediagnoseer was.
“Mylene se pa is aan kanker dood,” het sy gesê.
Sy het ook gesê dat hare van 22cm geskenk kan word om ’n pruik vir ’n kankerpasiënt te skenk.
Tydens die Shavathon word mense se hare afgeskeer, pienk verlengings word ingesit, hare word pienk gesprei en daar word saam gekuier.
Die vroue daag ander uit om ook iets vir kanker te doen.
“Dit verg baie om jou hare af te skeer, maar dit is die moeite werd en is vir ’n goeie doel.”
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590








