Editor's choiceLocal newsNews

Stap ‘n myl in hul skoene

Ondernemings op Standerton word uitgedaag om aan Kansa se Relay for Life deel te neem.

Die byeenkoms begin om 4nm op 31 Oktober by Pick n Pay waarna die roete na Hoërskool Standerton gevolg word.

Pers linte, luminaria-sakkies en Pink Walk-kaartjies is by Beauty Spot, Verimark, Ma Dangor (Oosterse Kompleks) beskikbaar. Pink Walk-kaartjies is R20 vir ‘n volwassene en R10 vir kinders.

Die luminaria-sakkies is ter nagedagtenis aan iemand wat weens kanker gesterf het of selfs iemand wat tans in ‘n stryd teen kanker gewikkel is.

Dié sakkies, met kerse binne in, gaan tydens die geleentheid om die baan gepak word waarna tyd gegee word om terug te dink aan so ‘n mens.

Sakkies kos R10 elk en moet versier word en terug aan Kansa besorg word.

Die linte kos R100 vir ‘n pakkie van 10.

Spanne bestaande uit twee tot 15 lede kan inskryf teen R500 (whatsapp met die e-posadres na 076 908 8665).

Stalletjies teen R1 000 is beskikbaar en sou jy ‘n stalletjie hê en ‘n span inskryf is dit R500 vir die stalletjie en R500 vir die span.

Mense wat kanker oorleef het, gaan bederf word en hulle kan met me. Susan van den Heever in verbinding tree.

‘n Pers houer, met ‘n klok, sal vir donasies gebruik word.

Die innerlike sal ook versterk word met onder meer skape op die spit, vetkoeke, pannekoek, kerrie en rys, boereworsrolle, kolwyntjies, biltong en droë wors.

Kinders sal ook besig gehou word, en rugbygeesdriftiges kan na die eindstryd van die Wêreldbeker op die groot skerm kyk. Wynand en Cheree, asook Rea le Roux, is die gaskunstenaars en die publiek kan gratis na hulle kom luister.

Indien iemand betrokke wil raak of help met donasies sal dit waardeer word.

Vir enige navrae skakel mnr. André du Plessis (voorsitter: 082 548 2432), me. Jean Robbertsen (082 586 9117), me. Elize Smith (072 297 2911) of me. Susan van den Heever (076 908 8665 of tree in verbinding by svdheever2@gmail.com).

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button