Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Bethal-oord kry ‘n nuwe baadjie

Bethaldam ondergaan gedaanteverwisseling.

BETHAL – Dié dorp se damsaal en ontspanningsgeriewe gaan binnekort weer ’n lus vir die oog wees.

’n Inwoner van Bethal, mnr. Etienne de Ru, het ’n kontrak met die Govan Mbeki Munisipaliteit gesluit om die damsaal en die ontspanningsgeriewe vir vyf jaar te huur.

Hy en ’n span werkers het reeds begin om die damsaal en die voormalige restaurant skoon te maak.

Volgens hom het hy vier kinders op hoërskool en omdat daar geen ontspanningsgeriewe op die dorp is nie, is hy bekommerd waarmee kinders hulle veral gedurende vakansietye, besig hou.

“Hier is niks vir die kinders op Bethal nie, net dwelms en drank.”

Mnr. De Ru het gesê hy wil van Bethaldam weer ’n familie-uitspanplek maak.

Al die herstelwerk en bykomende geriewe word deur hom op eie koste aangepak en slegs die herstelwerk se koste beloop bykans R500 000.

Hy beoog om die eerste gedeelte reeds die laaste week in November oop te maak.

Mnr. De Ru se planne sluit in ’n koffiewinkel, wegneemete-restaurant, internetwinkel, speletjiesarkade, swembad, waterglybaan, vlugbal, putt putt, swaaie, springkastele, piekniekgebied, boeremark op Saterdae en ’n vlooimark een maal ’n maand, trapbote op die dam en potspeltafels.

Iets wat hy ook graag daar sal wil vestig, is ’n kampie vir pluimvee en kleinvee,

Mnr. De Ru het die versekering gegee dat sekuriteit een van sy grootste prioriteite is en daarom gaan die hele gebied omhein word.

Lewensredders gaan ook beskikbaar wees.

Mnr. De Ru het Bethallers genooi om deel te wees van die nuwe ontspanningsoord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button