Kayleigh het groot drome
Kayleigh Els kwalifiseer om in New York te gaan dans.
SECUNDA – Om te dans is Kayleigh Els (7) se droom.
Nadat sy op die realiteits televisieprogram gesien het hoe dogtertjies van haar ouderdom dans, het sy begin glo dat sy dit ook kan doen.
Kayleigh het Mpumalanga-kleure op 24 September ontvang, hoewel sy eers vanjaar begin dans het.
Sy is ’n leerling van Laerskool Kruinpark en neem ook aan skolesport deel.
Die soort danse waaraan sy deelneem, is vrystyl, moderne danse en Hip-Hop.
Sy het op 9 Oktober in die Brooklyn Teater in Pretoria opgetree en gekwalifiseer om aan die Amerikaanse Dans Toekennings-kompetisie deel te neem.
Kayleigh gaan Suid-Afrika in 2016 in New York verteenwoordig.
“Ek hou baie daarvan om te swem en te teken, maar dis die lekkerste om te dans,” het Kayleigh gesê.
Sy verkies ook om eerder buite te speel as om televisie te kyk.
Kayleigh en haar gesin het reeds begin om geld in te samel sodat sy New York toe kan gaan.
Vir meer inligting stuur ’n e-pos na kayleigh.goingtoamerica@gmail.com.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




