Bethallers in die duister
Inwoners is bekommerd oor hulle veiligheid.

BETHAL – Om in ’n donker buurt te woon en daar te ry, is vir plaaslike inwoners ’n groot frustrasie.
Straatligte werk in baie dele nie en as dit werk, brand dit bedags ook.
Volgens ’n inwoner styg die misdaadsyfer daagliks omdat die diewe weet hulle kan in die donker verdwyn.
“Dit hou ’n veiligheidsrisiko in,” het die inwoner gesê.
Ander probleme wat inwoners het, is kragpale wat of afgebreek is of oop kabels wat in die pad lê.
In van der Hydelaan hang kragkabels baie laag en is die pale bo afgebreek.
’n Inwoner het gesê dat dit ’n ongeluk is wat wag om te gebeur.
Teen druktyd is geen terugvoering van die Govan Mbeki Munisipaliteit ontvang nie.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



