Editor's choiceLocal newsNews

Droogte knou boere

Die impak van droogte op die boere is erg.

BETHAL – Die reën bly weg en die droogte is besig om boere op hul knieë te dwing omdat hulle steeds nie hul oes in die grond kan kry nie.

Boere in die Bethal-distrik het vandeesweek gesê indien daar weer misoeste is, sal daar ’n beduidende aantal bankrotskappe wees wat ’n groot effek op ondernemings, skole en plattelandse gemeenskappe gaan hê.

Weiding is min en is die voorseisoen se groei traag.

“Damme is opgedroog, grond is droog en boorgate is leeg,” het ’n boer gesê.

In ’n onderhoud met die Ridge Times, het een van die boere gesê dat hulle nog in die week kan plant as dit meer as 50mm reën.

Vir boere is daar nie ’n plan B nie, net groter en meer skuld.

“Daar is geen reserwe weiding of voer vir diere nie en ons moet dus van ons vee verkoop om te oorleef,” het dié boer gesê.

Die bietjie reën wat al geval het, is nie genoeg om te kan plant nie.

Daar is boere wat reeds geplant het, maar hulle het groot skade gely en wag nou vir die reën om weer te kan plant.

“Die buitengewone hoë temperature en winde skroei die nuwe plante dood,” het boere gesê.

Die Minister van Water en Sanitasie, me. Nomvula Mokonyane, het onlangs gesê dat geen geldhulp aan boere gegee gaan word nie en dat boere moet leer hoe om by omstandighede aan te pas of selfs ander boerderymetodes toe te pas.

Plaaslike boere stem nie hiermee saam nie omdat dit nie die boer is wat moet aanpas nie, maar die regering wat hulle strukture moet reg kry, anders gaan die land volgende jaar ‘n hongersnood hê.

“Die probleem is dat alle insetkoste verhoog het.

“Kunsmis, diesel, saad en baie ander is sowat 80 persent duurder, maar die mielieprys het met slegs 28 persent gestyg.”

Boere trek landwyd ewe swaar.

“As daar nie kos in die land is nie, het dit ’n effek op almal, selfs die ministers en die regering.”

Boere van Bethal, Trichardt en Secunda het verlede jaar groot skade gely weens brande, en vanjaar tref die droogte hulle.

Volgens die weerburo is dit die warmste nog en sekere dorpe en stede in die land het temperature van tot 48 bereik.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button