Editor's choiceLocal newsMunicipalNews
Hoop droog op
Die droogte wat Suid-Afrika tans beleef, is ’n nagmerrie vir almal, veral die boere.
Grootdraaidam se vlak het gedaal en die bietjie reën het geen verandering gemaak nie.
Die damvlak is op 2 November gemeet en die dam is op die stadium slegs 65.3% vol.
Weens die droogte word al die vog uit die grond uitgetrek wat lei tot plantsterftes en diervrektes.
Boere van die omgewing het gesê dat dié droogte een van die ergstes sedert 1992 is.
Mnr. Gert van der Merwe, ’n boer, het gesê dat die droogte hul fisies en geestelik beïnvloed.
“Die onsekerheid oor môre en oor die toekoms put die boere heeltemal uit.
“Maatreëls is ingestel om oorlewing te verseker.”
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



