HOëVELD – Movember moedig mans aan om hul eie lewensondervinding te verbeter deur hulself te verbind tot beter mansgesondheid.
Die Movember Stigting se stryd is vir mans om gelukkiger, gesonder en langer te leef deur navorsing en oorlewingsprogramme wat handel oor spesifieke siektes wat mans bedreig.
Movember is elke November verantwoordelik vir die groei van snorre op miljoene mansgesigte wêreldwyd.
Dit is ook die tyd van die jaar wanneer geld in Suid-Afrika ingesamel word en bewustheid geskep word vir gesondheidkwessies wat mans raak, veral prostaat- en testikulêrekanker, asook mans se geestesgesondheid en fisiese onaktiwiteit.
Daar is steeds wêreldwyd ’n stigma gekoppel aan siektes wat mans raak en dikwels praat mans nie maklik oor kwessies en simptome wat hulle ervaar en pla nie.
Mans is ook geneig om weg te skram van bekommernisse wat hulle mag beleef en dit bemoeilik dikwels die vroeë opsporing van siektes en die uiteindelike lewensverwagting van mans.
Die Movember Stigting se doel is om ’n wêreld te skep waar mans nie hoef te ly of te swig voor siektes wat voorkombaar is nie en siektes wat hanteerbaar is as dit vroeg genoeg opgespoor en gediagnoseer word.
“Die tema van vanjaar se Movember-veldtog is Geskep deur Ondervinding en die onderliggende boodskap is dat as jy kies om gesonde lewenskeuses te maak, ’n gesonde lewenswyse te volg, aandag te skenk aan jou gesondheid en waarskuwingstekens, kan jy help om vir jouself ’n voordelige toekoms te skep,” het mnr. Garron Gsell, hoofuitvoerende beampte en stigter van die Men’s Foundation, gesê.
Movember moedig mans aan om Mo Bros (soos ondersteuners van die veldtog goedgunstiglik bekendstaan) te word deur aan te sluit op die webwerf: www.movember.com.
Die reëls vereis elke Mo Bro om op 1 November die veldtog af te skop met ‘n skoon geskeerde gesig en om vir die hele maand van November ‘n snor te groei en in toom te hou om sodoende ‘n effektiewe advertensiebord te word wat vir die 30 dae van Movember rondloop en praat.
Mans wat snorre groei vir die doel, moedig ander mans om die veldtog te ondersteun.
Mo Bros moedig ander mans aan om prontuit private en publieke gesprekke te voer oor mans se gesondheidsprobleme wat dikwels geïgnoreer word.
Mans kan die veldtog vanjaar ondersteun in samewerking met die vroue in hulle lewe of ‘Mo Sistas’, soos hulle bekendstaan.
Vroue wat wil deelneem, kan ook aanteken op movember.com,
Movember is die dryfkrag wat die boodskap uitdra dat vroeë opsporing die sleutel is tot ‘n gesonde lewe: jaarlikse mediese ondersoeke is van kardinale belang en ‘n maandelikse testikulêre selfondersoek is nodig vir jou om jou liggaam te leer ken en om enige veranderinge in jou liggaam te monitor.
Vanjaar het die Movember Stigting ‘n bykomende aspek tot die maandlange veldtog toegevoeg: die opsie om aan te teken om te beweeg.
Wanneer jy op die Movember wedwerf aanteken, kan Mo Bros en Mo Sistas ‘n verbintenis sluit om vir die 30 dae van Movember te beweeg.
Navorsing het bewys dat as jy meer tyd in jou daaglikse roetine inruim vir meer fisiese oefening, kan dit jou gesondheid verbeter.
Hoe meer oefening jy doen, hoe beter gaan jy voel en hoe meer energie gaan jy hê en so kan jy moontlik jou lewe verleng.
Hierdie verbintenis om te beweeg kan een of meer van die volgende aktiwiteite insluit: gaan loop elke dag, klim trappe en vermy hysbakke of roltrappe, swem, fietsry of durf die see aan op ‘n branderplank of enigiets wat jou hart vinniger sal laat klop.
“Ons wil mans aanmoedig om ter wille van hulle welstand meer aktief te wees. ”
En moenie vergeet om jou Movember met ‘n skoon geskeerde gesig op 1 November te begin nie.
Maak seker jy spog met die mooiste, beste of grootste snor gedurende die maand van November.
Laat jouself ondersoek, ken jou getalle, teken aan, groei, gee, beweeg en sluit aan.
Saam kan ons Die Gesig van Mansgesondheid Verander.
Vir meer inligting oor hoe om aan te teken as ’n Mo Bro of Mo Sista, besoek www.movember.com of laai die Movember app af op jou selfoon of tablet.
Volg Movember op sosiale media: @MovemberRSA op Twitter of facebook/MovemberSouthAfrica.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



