Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Projek ondersteun dogters

Dogters het geen rede om skaam te kry nie.

BETHAL – Dogters landwyd in Afrikaanse skole mis tot 55 dae per jaar skool omdat hulle nie sanitêre produkte het nie.

Volgens ’n Helpende Hand-lid is dogters te skaam om oor dit te praat en kies hulle egter die maklike opsie.

Onlangse navorsing deur Solidariteit Helpende Hand het getoon dat meer as 10 persent van die dogters in minder welvarende skole nie oor genoeg sanitêre produkte vir ’n maand beskik nie.

’n Verdere sewe persent het aangedui dat hulle skool mis omdat hulle nie genoegsame produkte het nie.

Die probleem word vererger deurdat die helfte van hulle nie gemaklik daarmee is om hul menstruasie te bespreek nie, selfs nie eens in hul portuurgroep nie.

“Hierdie dogters is ook nie gewillig om vir hulp te vra nie.”

Na aanleiding van hierdie navorsing, het Helpende Hand besluit om die #HelpHanna-projek te loods.

Die organisasie poog om skole en behoeftige dogters deur dié projek op ’n maandelikse basis met die nodige sanitêre ware te ondersteun en sodoende te help verseker dat hierdie behoefte hulle nie uit die skool hou nie.

“Hanna is ’n tipiese dogter wat in moeilike omstandighede leef en daarom nie sanitêre produkte kan bekostig nie.

“Hanna is egter nie skaam om oor haar siklus te praat nie en sy moedig dogters aan om vir hulp te vra.”

Die projek skenk spesiale Hanna-pakkies met die nodige sanitêre produkte, Wet Wipes en ’n antiperspirant aan skole.

“Hou ons dogters in die skool,” het ’n lid gesê.

Indien jy ’n skenking wil maak vir hierdie projek, kontak me. Alisha de Lange, streekorganiseerder Mpumalanga, by 082 923 1438.

 

 

download

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button