Editor's choiceLocal newsNews

Scruffy is weer op pad

Kyk van hierdie week af uit vir ‘Scruffy’. Moet dit nie mis nie.

TRICHARDT – Dit is weer tyd om vir Scruffy uit te kyk.

Hy maak jaarliks sy verskyning in die strate van Secunda, Trichardt en omliggende omgewings en kinders en selfs volwassenes word opgewonde wanneer die groot rooi wa met sy takbokke en liggies aankom.

Die rooi wa word deur die vier takbokke, Reindeer Rudolph, Dasher, Prancer en Comet, gesleep.

Kersvader kom spesiaal van die Noord-Pool af om saam met Scruffy te ry en lekkergoed en geskenke aan kinders uit te deel.

Modern Collision Repair Centre, Hops Racing Development en Global Towing and Recovery op Trichardt wil jaarliks ’n verskil in die gemeenskap maak.

Sagte speelgoed en lekkergoedpakkies word opgemaak en aan kinders in die gemeenskap uitgedeel.

Hulle beplan vanjaar om ook skole en minderbevoorregte gedeeltes van die omgewing te besoek.

Enigiemand wat graag wil help om ’n verskil te maak of wat ’n donasie wil gee, kan Marcha skakel by 082 4945 422.

 

 

Scruffy staan reg om weer vanjaar kinders van die omgewing se harte bly te maak. Kyk uit vir liggies, lekkergoed, Kersfeesmusiek en die takbokke se klokkies se gelui. By Scruffy en die takbokke, is mnr. Nico Higgs (eienaar van Modern Collision Repair Centre, Hops Racing Development en Global Towing and Recovery).
Scruffy staan reg om weer vanjaar kinders van die omgewing se harte bly te maak. Kyk uit vir liggies, lekkergoed, Kersfeesmusiek en die takbokke se klokkies se gelui. By Scruffy en die takbokke, is mnr. Nico Higgs (eienaar van Modern Collision Repair Centre, Hops Racing Development en Global Towing and Recovery).

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button