Editor's choiceLocal newsNews
Solidariteit Helpende Hand reik uit na boere
Hulp beskikbaar weens droogte.
HOëVELD – Boere is tans deur die ergste droogte in 55 jaar getref en hulp van die regering lyk onwaarskynlik ná uitsprake deur die minister van water en sanitasie, me. Nomvula Mokonyane.
Sy het gesê dat sy geen droogtehulp aan boere wil gee nie en dat hulle moet leer om by weerstoestande aan te pas.
Solidariteit Helpende Hand het daarom besluit om die Rampgebied Studiefonds wat tydens die Platinumstaking van 2014 gestig is, aan te wend.
Hulle het R100 000 vir dié doel bewillig.
Boere wat wil aansoek doen vir hulp by die Studiefonds, kan me. Yolande Theron skakel by 012 664 4428 of stuur ’n epos na yolande@helpendehand.co.za.
Die Bethal en Secunda se Helpende Handtakke moedig die gemeenskap aan om die projek te ondersteun en boere by te staan.
SMS “boer” na 38969 en skenk R10 vir die fonds of maak ’n direkte inbetaling in Helpende Hand se rekening by FNB rekeningnommer: 62 331 445 503, tak: Centurion (takkode: 250 655) met die boer as verwysing.
Vir meer inligting, skakel die Bethaltak se voorsitter, me. Santte Henning, by 082 300 4835 of die Secundatak se voorsitter, me. Christene Schoonbee, by 082 731 1360.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



