Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Geliefde onderwyseres vanoggend dood

Die geliefde onderwyseres, vriendin, ma en eggenoot, is vanoggend in die vroeë oggendure dood

BETHAL: Die geliefde onderwyseres, vriendin, ma en eggenoot, me. Henriette Barnard (47), is vanoggend in die vroeë oggendure dood.

Sy was ‘n onderwyser by Laerskool H.M. Swart en het later by Laerskool Marietjie van Niekerk skoolgegee.

Vroeër vanjaar is ‛n gewas in haar brein ontdek nadat sy gedurig hoofpyn gehad het en herhaalde male flou geword het.

Die spesialiste het ‘n gewas op haar brein ontdek en geopereer om dit te probeer verwyder, maar dit was nie suksesvol nie.

‘n Stukkie van die gewas het agtergebly.

Sy was vir ‛n paar weke in ‛n koma en is later, nadat sy bygekom het, ontslaan en sy het teruggekom Bethal toe waar sy by die huis versorg is.

Ongeveer twee weke gelede het sy erg aanvalle, wat soos epileptiese aanvalle gelyk het, gekry.

Die ambulans het met haar gehaas na Trichardt waar sy opgeneem is in die Mediclinic Highveld.

Daar is weer toetse en skanderings gedoen wat gewys het dat die gewas na die anderkant van die brein versprei het.

Haar man, mnr. Hennie Barnard, het geweier dat hulle weer op haar opereer, omdat dit onmoontlik was om die hele gewas te verwyder.

Sy laat haar man, seun Tiaan (18) in matriek by Hoërskool Hoogenhout en dogter Tarina(16) agter.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button