Editor's choiceLocal newsNews

Kankerlyer (8) benodig dringend geld

Me. Korff het gesê dat elke bietjie help.

SECUNDA – Nelmarie Korff (8) benodig dringend R10 000 vir ’n operasie om meeste van haar kankergewas te verwyder.

Die gesin kort nog net dié bedrag geld voordat Nelmarie op Maandag, 23 November in Kaapstad geopereer kan word.

“Ons moet al Saterdag in die Kaap wees,” het me. Chantel Korff, haar ma, gesê.

Nelmarie is op 29 Oktober 2014 met Rhabdomyosarcoma, ’n seldsame spierkanker, gediagnoseer.

“Haar neus het aanhoudend gebloei en dokters het eers gedink dat sy sinusprobleme het.”

Sy het kanker is in die regter neusgat en die gewas het haar hele neus geblokkeer.

Drie sentimeter van die holte tussen haar neus en haar brein is al deur die gewas verwoes.

Nelmarie is blind in haar regter oog weens die gewas se drukking.

Sy het ook geen beheer oor haar liggaam en die regterkantste spiere by haar mond nie en daarom sukkel sy om te eet en te drink.

Nelmarie het al menige kere vir chemoterapie en bestraling gegaan.

Volgens haar ma het sy onlangs begin kla van erg hoofpyn en het vir ’n MRI-skandering gegaan.

Hulle het op 27 Oktober die nuus gekry dat die gewas egter vergroot het.

“Deur al dié dinge doen sy steeds tuisonderrig en het goed presteer in al haar vakke,” het me. Korff gesê.

Nelmarie is ’n diereliefhebber en hou baie van teken.

Verder hou sy ook baie van Afrikaanse musiek.

Me. Korff het gesê dat elke bietjie geld vir die operasie sal help.

“Dankie aan elkeen wat ons al gehelp het, ons kan nie beskryf hoe dankbaar ons is nie.”

Ribbons4Roses is spesiaal vir Nelmarie gestig om geld vir haar in te samel.

Deur die woorde rose nelmarie na 48478 te SMS, word daar R10 aan haar geskenk.

Mense wat die gesin met geld wil help, kan dit by Nedbank, spaarrekening 200 682 5054 met ’n kontaknommer as verwysing, doen.

’n Bewys van borgskap kan na chantelkorff@gmail.com gestuur word.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

Nelmarie Korff (8) moet Maandag, 23 November ’n operasie ondergaan, maar kort nog R10 000.
Nelmarie Korff (8) moet Maandag, 23 November ’n operasie ondergaan, maar kort nog R10 000.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button