Voertuie bots by Beyers Naudé en Baumannstraat-kruising
Die bestuurder van die Volkswagen Golf, mnr. Michiel Smit, wou by die kruising oorsteek toe die bestuurder van ’n rooi Isuzu bakkie voor hom ingery het.
Twee voertuie was sowat ’n uur gelede in ’n botsing by die Beyers Naudé en Baumannstraat-kruising betrokke.
Die bestuurder van die Volkswagen Golf, mnr. Michiel Smit, wou by die kruising oorsteek toe die bestuurder van ’n rooi Isuzu bakkie voor hom ingery het.
Volgens hom het hy sy flikkerlig aangesit om ’n baanwisseling te doen.
Die bestuurder van die Isuzu het gesê dat hy aangeneem het mnr. Smit wou regs draai by die kruising.
Standerton Polisie was op die toneel om ’n ongeluksverslag te neem, geen saak is geopen nie.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805