Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Fotogalery – “ONS” bederf die bejaardes

Die inwoners van die SAVF-huis Ermelo is Saterdag behoorlik bederf met potjiekos, dans en musiek.

Die inwoners van die SAVF-huis Ermelo is Saterdag behoorlik bederf met potjiekos, dans en musiek.

’n Groep mense wat net geken wil word as “ons” met die hulp van ’n paar onbaatsugtige borge het gesorg vir ’n behoorlike fees.

Hansie Kruger en Hendrico van Sitter het gesorg vir die musiekvermaak en die stoele is sommer van die staanspoor af eenkant toe geskuif vir ’n paar draaie op die dansvloer.

Elke inwoner het ’n geskenk en lekkernye ontvang waarna hulle gesmul het aan die hoender en skaap-potjies wat reeds van vroegdag aan die kook was.

’n Feestelike atmosfeer het in die eetsaal geheers en die inwoners het na ete verder saam gekuier en gedans.

Die dag sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van die borge nie en “ons” bedank die “ boere vir julle bydra, julle weet wie julle is, julle is ysters”.
Burger Springkastele, Pick n Pay, Probag, dr.Dendar, Gimme Cash, Ermelo Motor Spares, Lucan Melkery, Hansie Kruger, Hendrico van Sitter en Hein Aucamp vir die maak van die potjies.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button