Geliefde sakeman Gé Vorster ter ruste gelê
’Hy het diep spore in almal se harte nagelaat en hy sal baie gemis word.‘
Mnr. Gé Vorster, ’n bekende sakeman van Standerton, is op 27 Desember in ’n fratsongeluk oorlede.
Volgens lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, het mnr. Vorster en ’n familielid met waterponies op die dam gery.
Die twee waterponies het teen mekaar gebots.
Sy vrou, me. Virna Vorster, het hom beskryf as ’n opregte, vriendelike mens wat altyd hardwerkend was.
Hy was iemand wat daar was vir familie, vriende en selfs klante van die Hengelkas.
“Hy was ’n wonderlike mens,” het sy gesê.
Mnr. Vorster en sy vrou was vir 17 jaar getroud en hulle het ’n vierjarige dogtertjie, Virné, waarvoor hy baie lief was.
Hy was ’n vriend vir almal en ’n regte gesinsmens.
Sy begrafnis het op 31 Desember vanuit die Hervormde Kerk op Standerton plaasgevind.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



