Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Bethal slaggate ruk hand uit

Inwoners wil weet waarom daar nie na Bethal omgesien word nie?

BETHAL – Daar is nie ’n straat op dié dorp wat nie ’n slaggat of twee het nie.

“Ons probeer van die gate met sand of grond toemaak sodat die pad toeganklik is, maar dit word ’n weeklikse ding,” het inwoners gesê.

Volgens hulle is dit die groot aantal vragmotors van verskeie myne wat dié paaie daagliks gebruik wat bydra tot die agteruitgang.

Die afgelope tyd is baie klagtes van die gemeenskap ontvang in verband met slaggate en word vrae gevra oor waarom die slaggate en herstelwerk aan paaie so lank neem om afgehandel te word.

’n Abnormale hoë aantal gebarste pype het voorgekom en is paaie oopgegrawe sodat munisipale werkers by die waterpype kon uitkom.

Die groot gate is net weer met sand toeggegooi.

Festensteinlaan naby Jim van Tonderskool lyk net so sleg.

Volgens ’n motoris moet almal op die dorp 4×4-voertuie of bakkies ry sodat jou voertuig nie beskadig word nie.

“Waarom word daar nie na ons dorp omgesien nie?

“Dit help nie om te betoog of enigiets van dié aard nie, want niks werk nie.”

Strate soos Simon-, Du Plooy-, Blesbok-, Spruit-, Kleynhans-, Percy De Kok-, Kerk-, Stutterheim-, Festenstein-, Steenbok-, Mark- en Springbokstraat is maar net ’n paar van die baie strate wat vol slaggate is.

“’n Mens weet nie watter kant om van die pad te ry nie,” het ’n motoris gesê.

Nog geen kommentaar is van die Govan Mbeki Munisipaliteit ontvang nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

IMG_7778_50954-270x203

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button