Kragonderbrekings veroorsaak groot verliese
Baie inwoners het ook elektriese toestelle verloor.
BETHAL – Sommige Bethallers het groot skade gely tydens kragonderbrekings oor die feestyd.
’n Egpaar het vleis ter waarde van R5 000 verloor toe hulle met vakansie was.
Mnr. Pieter Botes van die mediese sentrum het ook gesê dat hulle R30 000 se skade gely het weens rekenaars wat opgepak het.
Daar was kragonderbrekings in Koedoe-, Eland-, Schloshberg-, Buffel-, Croeserlaan-, De Beerlaan-, Wes- , Du Plooy-, Bangley-, Mainlaan-, Louis Trichardt-, Bosbok-, Malherbe- en Impalastraat.
In Davelweg het die krag glo een keer ’n week afgegaan en eers laat weer aangekom.,
“My yskas gooi nou permanent water af, groente en vleis begin ontdooi, roomys het gesmelt en ek moes byna alles weggooi,” het me. Amanda Butler gesê.
Baie inwoners het ook elektriese toestelle verloor.
“Wie dek ons onkoste, en dit is nie asof ons almal versekering kan bekostig nie?”
Volgens ’n ander inwoner het hulle in Elandstraat vir drie dae sonder krag gesit.
Hulle het ook op sosiale media gesê dat die munisipaliteit nie op hul klagtes reageer nie en dit is asof dit hulle nie pla dat inwoners verliese ly nie.
“As ons verwysingsnommers kry, daag niemand op nie en as ’n mens dan weer skakel, word daar net gesê dat iemand op pad is,” het inwoners gesê.
Die Govan Mbeki Munisipale woordvoorder het nie teen spertyd kommentaar gelewer nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 590c76a8
WhatsApp – 0793644185



